Oor myself

Soms sien mens self eers die mooi in dinge raak wanneer jy dit met ander deel.

Ek bevind my tans, na vele omswerwinge, weer in Perth.  Dis ‘n pragtige, skoon stad wat baie bied vir enigiemand wat van die buitelewe hou.

Dankie dat jy hier kom inloer.  Plaas gerus jou kommentaar.  ‘n Geselsie is altyd welkom.

Gebruik posvirkyker@y7mail.com indien jy my wil E-pos.

Kopiereg word voorbehou op al my plasings.

Een dag op ‘n slag.

*     *     *


16 thoughts on “Oor myself”

  1. Kyker, dis ‘n mooi foto die. Waar geneem?

  2. Boendoe: Ek het die foto in die noorde van Chile geneem. Hierdie pad vat jou weg uit Antofagasta, nie eintlik na ‘n spesifieke bestemming nie. Om jou het jy net die dooie sandvlaktes en hier en daar sien jy soms ‘n glimpsie van die see tussen die berge uitsteek. Ry sewentig kilometer en dan kom jy by ‘n klein visersgemeenskappie uit met die naam van Mejillones. ‘n Paar honderd kilometer verder noord kry jy Iquique. Dis ‘n mooi kusdorp met wye sandstrande.

  3. Ek het geweet dis Chile! Kyker, om een of ander rede tickle Chile my verskriklik. As daar een plek op aarde is wat ek baie graag sou wou sien, is dit Chile. Jou foto’s en stories maak my amper desperaat!

  4. Net jammer jy deel te min.

  5. Vlekkie: Ai tog. Ek sal van nou af definitief meer gereeld hier iets opsit om te deel.

  6. Oi-jo-joi!

    Hierdie rooikop is verlief op jou site! en skielik is ek minder sinies en bedonnerd. Dar is min dinge wat so vinnig in my hart inkruip soos kleur, komposisie en gevleuelde woorde.

    Damn mooi!

  7. Welkom hier GvdS. En dankie vir jou mooi woorde. Dis lekker om te weet dat mense van party dinge hier hou.

  8. Van tyd tot tyd loop mens juwele raak en hierdie blog is beslis ‘n juweel. Knap fotos en stories!

    • Dankie Bloedbek. Ek is bly jy het ‘n draai kom gooi. Nou weet ek van jou blog. Mens lees sommer lekker daar.

  9. Jy is welkom kyker

  10. Cute…!

    • Gits Vlekkie: Dis goed dat jy weer vir ‘n slag kom kuier het. Mens sien heeltemal te min van jou hier.

  11. Haai, Kyker. Al die mooi dinge wat hierbo van jou en jou werk gese was, is wraggies waar. Deur my seun in Brisbane het ek op jou blog afgekom. Eks bly!

  12. hello

    chile voel darrem baia ver

    jou nuwe blok lyk alte moi

    hm dis al

    bai

    (hm, o ja perth lyk ook nogal okay i dunno, daai australiers se aksente dryf my die horries in hier by ons is dit klam en vogtig en baie water in die lug en taamlik warm dit voel vir my bedompig, maar mense s^e dis vars – hoes die weer daar in perth wonder ek)

    • Chile is ver ja. Van waar ek nou bly is dit omtrent presies aan die anderkant van die aardbol.

      Perth kan ongemaklik warm word in die somer: Tot 40 ˚C. Dit reën meesal in die winter, van Maart tot Julie. Dis dan koel en groen en my gunstelintyd van die jaar. Die droë hitte van die somer kan mens soms onderkry. Jy moet ‘n swembad hê of naby die see bly om te kan gaan afkoel. Een lekker ding van die somersdae: Elke middag, teen sononder, draai die wind en dan waai daar ‘n koel seebriesie binneland toe om lafenis te bring.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s