Tags

, ,

Die oggend was vars en sagte motreën het in vlae oor die omgewing uitgesak.  Die strandmeer was glashelder en kalm.  ’n Eensame hengelaar het knie-diep in die water gestaan met net ‘n paar meeue as geselskap.

‘n Ligte bries het die geur van fynbos en nat woude na mens toe aangewaai.  Agter die duine kon jy die see hoor bruis.

Op die nat sand, tussen die helder vygies, het ‘n boskokkie se spore netjies in ‘n ry gelê.

*      *      *