Tags
Mens staan dikwels verstom oor hoe vinnig die wêreld deesdae om ons verander. Een van die groot dinge wat gebeur, is dat China vinnig besig is om Amerika verby te steek op ekonomiese en tegnologiese gebied.
China se vinnige opgang gedurende die laaste dekade is skouspelagtig. Wanneer mens die land besoek kom jy gou tot die besef dat sy ekonomiese opbloei deur niks of niemand gestuit sal word nie. Dit is vinnig besig om sy plek as dominante wêreldmoontheid in te neem. In die toekoms sal geen land op aarde onaangeraak bly deur China se pollitieke en ekonomiese invloed nie.
Ek het onlangs op hierdie kort, maar baie insiggewende aanbieding afgekom wat die spoed van ontwikkeling van nasies oor die laaste 200 jaar op ‘n boeiende wyse uitbeeld:
Die grafiek hieronder toon Zimbabwe, Suid-Afrika, China en Australië se huidige stand van ekonomiese welvaart en lewensverwagting:
Dis baie insiggewend om te sien hoe hierdie nasies se vlakke van welvaart oor tyd toegeneem / afgeneem het: Beide Zimbabwe en Suid-Afrika het teruggesak van ‘n vroeëre piek. Australië handhaaf steeds gesonde momentum en is tans naby aan die voorpunt van vooruitstrewende lande.
Dan is daar China: ’n Reusagtige ekonomie wat onwrikbaar op pad is na sy uiteindelike voorste plek op die ranglys van welvaart.
Kliek hier om na Gapminder se interaktiewe webtuiste te gaan. Daar kan jy self lande kies en jou eie animasiegrafiek opstel om te sien hoe dinge werk.
* * *


Wow. Baie interessant. Kan nie help dink dat dit die mensdom se gesondheid / welvaart ten koste van die aarde sin is nie.
Ek stem Roer. Ek kan ook nie sien dat die algemene pas van opheffing in lande soos China en Indie op die langtermyn volhoudbaar sal wees nie. Daar is net eenvoudig nie genoeg natuurlike hulpbronne beskikbaar nie.
Ek moet sê, die ”nuwe” ekonomiese kolonialisme maak my ‘n bietjie senuweeagtig. Maar sonder dit, sal die wêreld ook seker nie kan vooruitgaan nie, wees dit dan nou ook eintllik korttermyn van aard.
Ek sê ”nuwe”, omdat die VSA dit mos eintlik al reeds vir dekades doen.
Ja Murphy: Ek kan nie sien dat China of Indie enigsens beter koloniale heersers sal wees as die Weste nie.
Die Chinese glo ook mos dat die mens die natuur moet oorwin en tot sy eie voordeel moet benut. Daar is nie by hulle oor die algemeen ‘n gevoel vir bewaring nie.
Baie interessant. Ek geniet Hans Rosling se toesprake op TED baie, hy is baie insiggewend. Gan loer ook bietjie hierna: http://www.ted.com/talks/hans_rosling_asia_s_rise_how_and_when.html , ‘n ander baie goeie toespraak wat hy gegee het. Ons leef in interessante tye…
Ek het gaan kyk. Dankie. Ek dink China en Indie gaan die VSA lank voor Rosling se voorspelde datum van 2048 verbysteek.
hierdie nuwe blog bedryf van jou is net nie dieselfe nie, jy wil nou verander soos Sjina, maar ek gaan jou nie meer lees as jy nie jou ou theme terugbring nie, jy kan mos nou nie so staat en shange nie, dis ongronwetlik man, dis soos in om Sjinees te lees. Sjaiks, jy maak my skoon deurmekaar en nou berig jy oor ekonomie en politiek en wat het van die ou rustige Kyker gaword????
Hehe. Danke vir jou kommentaar Sterrewind. Dit was hoog tyd om die ou bloggie ‘n nuwe baadjie te gee. Moenie bekommer nie: Ek is geensins van plan om te begin politiek gesels hier nie.
Soms sien loop mens iets interessants raak, soos die statistieke wat in hierdie inskrywing vermeld word. Ek deel dit dan graag met ander.