Tags
Ek het gisteraand laat eers by my hotel in Brisbane aangekom. Die gebou is naby aan een van die baie brue oor die rivier wat deur die middestad kronkel.
Netnou, met dagbreek, kon ek hom mooier sien: ’n Yslike struktuur met ingewikkelde staalwerk wat sommer so hoog oor die water hang.
Die stad is nog stil, maar nie meer vir lank nie. Binnekort gaan daar al hoe meer motors oor die brug klieketie-klak en die watertaxi’s sal op die water begin verbyvaar, almal propvol mense oppad werk toe.
Dis ‘n lekker vars oggend hier. Tyd vir koffie op die stoep en bietjie stilsit om die uitsig te geniet, voor die dag in alle erns begin.
* * *




Sjoe, Kyker, jy het darem ‘n slag met ‘n kamera as ek na die foto’s kyk. My ‘nag’-foto’s is altyd rubbish. I het nie tyd om die kamera se funksies te bestudeer nie en mik-en-hoop altyd [vir die nagfoto's].
Kyker, ek wou gister al vir jou gese het jou nuwe header is mooi!
Oor die foto op my blog se voorblad: Dankie. Die twee bome staan tussen Musina en Alldays.
Ek het nog nie ‘n lelike kremetart gesien nie. Almal van hulle lyk vir my altyd besonders.
Tegnologie is my redding: Deesdae se kameras moet mens met ‘n stok slaan voor hulle ‘n lelike foto neem.
‘n Driepoot help altyd!
Kyker – ek stem saam met ‘n dag-foto, niemand kan ‘n fout maak nie, maar nag is anders, met my Sony A-200 DSLR kom die nagfoto’s nie altyd mooi uit nie en ek moet gaan oplees [ek weet!] oor die verstellings vir die nag. Ek is een van daardie mense wat nie wil ‘sukkel’ nie, ek wil net knoppies druk en siedaar!
Boer – ‘n Driepoot gaan nie hlep vir daardie nagverstelling nie, jy moet eers die verstelling ken[reg he] voordat die driepoot gaan help. my kamera is ook [ek dink so!] so dat ek hom vir ‘steady hand’ kan stel. [verbeel my ek het al die verstelling gebruik] Dis ‘swaar’ as mens lui is en nie wil boekies met instruksies lees nie. – [soos hulle se, wie lui is moet suffer! lol]
Wanneer ek op reis is en ek nie eintlik tyd het om foto’s te neem nie, los ek my groter kamera by die huis en ek pak my Sony DSC-HX9V in. Dis lekker kompak en het ‘n 16x optiese zoem. Die lenshoek is bietjie wyd na my smaak, maar verder neem hy baie lekker foto’s. Daar is sommer hope ingeboude funksies. Een van die verstellings wat jy kan kies, is juis vir lae-lig omstandighede sonder die gebruik van ‘n driepoot.
Ek stem saam, baie mooi foto’s! Jou kremetart foto neem my terug na die sorgvrye dae toe ons elke Desembervakansie Zimbabwe toe gery het. Dis darem mooi wêreld daardie Musina omgewing.
Hier in Aus het ons natuurlik die boab boom wat amper so iets is, maar dis maar net nie dieselfde as ‘n kremetart in die bosveld nie…
Die boabs hier is ook mooi. Daar in die noord-westelike deel van die land, naby Kununurra, is daar klompe van hulle so tussen die klipkoppies.