Tags

Brisbane het onlangs ‘n oulike skema begin in die middestad:  Daar is 150 fietsstasies opgerig, waar jy ‘n fiets kan gryp en dan van een punt na die ander in die stad kan rondrits.

Dit werk so:  Jy registreer en ontvang ‘n elektroniese gebruikerskaart, wat jy dan by enige stasie kan gebruik om ‘n fiets van die staanrak te ontkoppel.  Gebruik is gratis, mits jy die fiets binne 30 minute weer by enige ander stasie gaan parkeer.  Jy kan dus heeldag verniet rondry as jy jou roete reg beplan.

Daar is ‘n rekenaarsisteem by elke stasie met ‘n skerm wat vir jou vertel waar die anders staanplekke is en ook hoeveel fietse daar geparkeer staan.

Alles is elektronies, selfs die slotte.  Jy gebruik jou kaart om ‘n fiets los te klik of weer in die rak te parkeer.

Mmm . . .   Die saal lyk heel gemaklik.  Volgende keer as ek weer die stad besoek, gaan ek die fiets-ding uitprobeer.

*      *      *