Tags

, ,

Ek was eergister, met laaste lig, by ‘n asemrowende plek.  Springbrook is ‘n klein gemeenskappie sowat 70 km suid van Brisbane.  Die dorpie lê teenaan ‘n platorand.  As mens hier teen die afgrond staan kan jy vêr na Wes oor die digte reënwoude uitkyk, tot waar die see blou in die laagte lê.  Die wye vallei is koel en vogtig.  Aan mens se regterkant stort daar ‘n waterval oor die rand na die skaduryke dieptes.  Alles is stil, behalwe vir die geruis van die waterstroom en voëls wat gesels in die boomtoppe daar doer onder.

*      *      *