11
Oct
09

Die kerk by Guildford

 1 kerkgebou

Die dorpie Guildford is rondom 1830 gestig, sowat 20 km stroom-op van Perth af, teen die Swanrivier.  Heelwat van die plekkie se oorspronklike argitektuur het behoue gebly.  Deesdae is dit ‘n gewilde uitspanplek vir mense uit die stad.

2 Guildford winkels

Baie van die ou geboue is nou omskep in restaurante en gesellige koffiewinkels.  Mens hoef nie ver te soek vir ‘n lekker koppie tee met ‘n stukkie kaaskoek daarmee saam nie.

 1b kerk van agter

Die sandsteenkerkie hierbo vertoon nou in die lente nogal mooi, met die groen grasperke rondom en die rye bome wat bot langs die straat.

Heelwat van Guildford se oorspronlike plankhuisies staan vandag nog.  Daar het ook nog baie baksteenhuise uit die ou dae behoue gebly, met sinkdakke, regop skoorstene en stoepe voor aan.

 

3 huis met tuin

4 blou huis

 

 

 

 

 

  

 

 

5 huis met stoep

5 huis rooi dak

 

 

 

 

 

 

 

Die plekkie met die rooi dak regs onder laat my baie dink aan die plaashuis waarin ek grootgeword het, iewers in die Bosveld in Suid-Afrika.

 

*      *      * 


6 Responses to “Die kerk by Guildford”


  1. Oktober 11, 2009 at 4:16 nm

    Wow! Dis besonders en so cute op ‘n manier. Die kerk is stunning!

  2. Oktober 12, 2009 at 9:06 vm

    Ek’s mal oor die Gotiese en Victoriaanse boustyle! Pragtige foto’s!

  3. Oktober 12, 2009 at 2:15 nm

    Hoe meer ek van Oz sien, hoe meer begryp ek hoekom so baie Suid-Afrikaners die land kies vir emigrasie – sit lyk so baie na SA!

  4. Oktober 13, 2009 at 9:12 vm

    Oeg…. Ek is mal oor die daai liewe heksie huisies met die broekie lace en stoepies reg rondom!

  5. Oktober 13, 2009 at 9:53 vm

    Baie cute huisies. :wink:

  6. 6 Daizy
    Oktober 15, 2009 at 1:28 nm

    Ai tog kyker…ek sal daai huisies sommer vir myself opeien…sommer dadelik….’n huis moet mos so stoep hê of hoe??


Leave a Reply




Op soek na iets? Tik die woorde hier in:

© Kopiereg voorbehou op alle plasings.

Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Datums met inskrywings

Oktober 2009
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Bladsye