
Impala lelies is die meeste tyd van die jaar nie veel meer nie as net beskeie bossies takke met hier en daar ‘n blaar.
In die winter, wanneer dit droog en vaal is in die Laeveld, blom hulle egter vir ‘n kort rukkie verrassend mooi.
* * *

Impala lelies is die meeste tyd van die jaar nie veel meer nie as net beskeie bossies takke met hier en daar ‘n blaar.
In die winter, wanneer dit droog en vaal is in die Laeveld, blom hulle egter vir ‘n kort rukkie verrassend mooi.
* * *
Eeeeuuwww!! Net EEN foto’tjie?
Ek LIEF impalalelies!!! En kudulelies!
Dis darem ongelooflik!
Hoe meer ek hierna kyk hoe mooier word dit vir my. Die kaalvoetplaaskindertjies baljaar seker met hierdie pragtige blomme – hulle kan die mooiste modderkoekies bak, in stringetjies geryg vir juwele en ook in hulle hare vassteek. Wat ʼn fees!
Dankie vir die mooi verrassings wat jy op ons skerms plaas, dit is ʼn vreugde en plesier om die natuurskoon in te drink.
Boendoe: Hoe lyk ‘n koedoelelie? Ek ken dit nie.
GvdS: Jip. Mooi is mooi.
Mefri: Jy is welkom.
Pachypodium saundersii – blommetjies lyk nogal effe soos die Impala s’n. Gewoonlik wit, maar ek het al wit met ‘n pienk randjie gesien. En vol dorings.
http://www.flickr.com/photos/martin_heigan/474839771/
Hoop die link bring jou by ‘n foto uit.
Dankie Boendoe. Gits, dis nou ook ‘n mooi blommetjie.
Ek gaan vir jou een plaas op my blog – nou geneem by Shingwedzi. ‘n Ver foto, maar daar is sov baie van die struike by Shingwedzi, dit vertoon so mooi!!!
Dankie Huisvrou. Ek het gaan loer daar by jou. Regtig mooi blomme.
Het 2 weke gelede IMPALA_LELIES saad by my broer gekry ,dit gesaai ,en sowaar dit kom op