
Hierdie mooi land het die snaakste plekname. Sommer so onverstaanbaar-anders. Mens kan nie dink waar hulle aan die name gekom het nie. Ek het die ene hierbo afgeneem in die noorde van Wes-Australië, oppad na Paraburdoo. Hier is ’n paar voorbeelde van Australiese plekname wat die tong laat struikel of sommer net die lagspiere prikkel:
Humpybong
Mount Buggery
Poowong
Rooty Hill
Goonoo Goonoo
Dog Swamp
Gooloogong
Wonglepong
Boing Boing
Bong Bong
Mooball
Burrumbuttock
Chinaman’s Knob
Tittybong
Wagga Wagga.
Plek-plek op die agterpaaie van die Pilbara in die Noordweste kan mens jou verbeel jy is terug in Suid Afrika as jy jou oë op skrefies trek en dan na die landskap kyk. Die foto onder het ek iewers naby Newman geneem.

Nee wat. Ek dink nou met heimwee terug aan Suid Afrika se pragtige, beskrywende plekname wat so mooi op die oor val. Soos byvoorbeeld:
Wakkerstroom
Vaalwater
Vier-en-twintig-riviere
Soebatsfontein
Blyderivier
Dwaalboom
Pelgrimsrus.
Die lys is eindeloos. Een van my persoonlike gunstelinge is die naam van ’n plekkie tussen Dullstroom en Lydenburg: Lakenvlei. As mens vroeg-oggend op ’n vars wintersmore daar verbyry sien jy altyd hoe die sagte mis soos ’n laken oor die vlei in die laagte lê. Daar naby staan daar ook ’n ou klipmurasie in die veld. Ek het nog altyd gedink dit sal ’n mooi foto maak.
Miskien volgende keer . . .
Die plekkie Soebatsfontein hou vir my spesiale herinneringe in. Jare terug het ek en my ouers een vakansie reg rondom die land getoer in 3 weke. Ons het een dag oor middagete by Soebatsfontein aangekom en alles was toe. Ons het navraag gedoen by mense se huis oor hoe laat die winkel weer oopmaak. Hulle was so gaaf en het vir ons tee aangebied en na ons ‘n rukkie gesit het, is ons weer vort.
Jou foto’s is pragtig soos altyd!
Thea: Die Maori’s bly in Nieu Zeeland hier langsaan. En jy is reg: Baie van die plekname het hulle oorsprong van die plaaslike Aboriginies se taal. ‘Bong Bong’ beteken bv. ‘Muskiete wat zoem’. Rerig.
Dankie vir jou vertel oor Soebatsfontein. Ek dink oor die algemeen is mense se gasvryheid groter in die kleinste en mees afgelee dorpies.
Ons beplan om een of ander tyd Dullstroom te besoek. Sal bietjie op die kaart kyk presies waar Lakenvlei lê en daar ‘n draai gaan maak. Klink regtig na ‘n mooi plekkie. Laat my ook dink aan die plekkie Soekmekaar waar die mis ook altyd so dig is.
Sjoe, hoe mooi helder is die kiekie. Regtig mooi!
Ek stem saam jou die namwe is baie vreemd, maar as jy dit moet vergelyk met die SA name wat jy gelys het is ek seker dit beteken vir hulle ook iets en is beskrywend vir hulle.
Ek sit nou en smile….. Hoe gaan ‘n uitlander Wakkerstroom en Vier-en-twintig-riviere uitspreek?
Ek lief die kombinasie van die begrippe wat jy in byna een asem gebruik het; ‘mooi, snaaks en onverstaanbaar-anders’. Dit is ʼn plesier om van jou gedagtes te mag deel, dankie vir al die kosbare juwele wat jy hier so lieflik uitstal.
Humpty-doo, duskant Darwin, myns insiens, verdien darem ‘n ereplekkie in die lys van koddige name in Australia!
GvdS: Ja-nee. Die mense sal maar sukkel. Ek onthou nou weer hoe name soos ‘Gauteng’ en ‘Grootegeluk’ die Yanks se tonge altyd laat knoop.
Mefri: Lekker om jou weer hier te sien.
Eugene: Welkom. Nog nooit van Humpty-Doo gehoor nie. Hehe. Maar ek stem saam dit klink erg snaaks.
Ek kom vandag op die plekkie uit “LosmyTjerrie” (Leave my girlfriend alone?)
http://maps.google.fr/maps?f=q&source=s_q&hl=en&q=Losmytjerrie,+Bojanala,+North+West,+South+Africa&sll=46.75984,1.738281&sspn=7.497532,21.51123&ie=UTF8&cd=1&geocode=FVClg_4dRhyXAQ&split=0&hq=&hnear=Losmytjerrie,+Bojanala,+North+West,+South+Africa&ll=-24.927599,26.680319&spn=0.00969,0.021007&t=h&z=16
Dis ‘n goeie ene.